I want to thank you all on behalf of our residents and staff for your wonderful performance at Arboretum. The music brought so much joy and created a truly special atmosphere amongst our residents.
They enjoyed every moment and we are deeply greatful for the warmth and energy shared with us. What a priviledge and honour.
(Marina - Arboretum - Old Age home Manager)
Baie dankie vir julle ondersteuning, almal het die optrede vreeslik geniet, saam gesing en hande geklap.
Julle doen 'n besonderse werk - ek dink nie mens besef altyd hoeveel mense in die algemeen, maar veral bejaardes, wat aangewese is op ander mense, nie altyd kan doen waarvoor hulle lus is nie. Dit was vreeslik lekker om na julle te luister.
(Lize - Hermon - Bestuurder)
Weereens DUISENDE dankies dat julle ons besoek het. Dit was fantasties!!!
Teen Sondag het hulle nog steeds daarvan gepraat.
(Lize - Ons Huis - Bestuurder)
It was lovely to have Charlie and André visit us. We hope to see them every year. Thank you for offering us this opportunity, we appreciate it.
(Marlene - Heidelberg - Welvare officer)
Ons het dit so geniet om weer na al die musiek wat vir ons bekend is te kon luister. Julle het ons dag besonders gemaak. Ons sal julle nooit vergeet nie - kom asseblief gou weer.
(Inwoner - Heilbron)
Baie dankie vir die wonderlike geleentheid wat julle geskep het met die optrede. Die inwoners het dit geweldig baie geniet.
(Betsie - Bron van Heil - Bestuurder)
Dankie dat julle ons op julle lysie gehad het. Dit het wondere vir die bejaardes beteken.
(Santie - Avondrus - Bestuurder.)
Thank you to team Soul Serenity for this unbelieveable blessing.
The residents is currently in the lounge (the morning after the performance) witnessing to one another about the blessing they experienced during the performance. The presence of the Holy spirit was unmistakable and they can't stop talking about their experience.
( Huis Silwer Jare - Manager)
In my hart was 'n groot sweer wat vandag oopgebars het toe ek na julle musiek geluister het. Baie dankie vir julle optrede! Nou kan ek weer vry asemhaal - my gemoed voel sommer soveel ligter.
(Inwoner - Frankfort)
Baie dankie vir die pragtige oggend wat ons saam met julle kon beleef. Die atmosfeer was geseënd en die Voleinder van ons geloof se Liefde kon tasbaar aangevoel word.
Die oggend was baie spesiaal en ek glo dat die inwoners dit vir baie lank sal onthou. Julle is 'n dinamiese span.
(Theresa - Amot - Matrone)
Thank you for the performance hosted by your NPO "Soul Serenity" on Friday 7 February 2025. It was excellent and the elderly enjoyed it tremendously.
Dit was wonderlik om julle hier te ontvang en weereens baie dankie vir die pragtige optrede; dit was uiters besonders. Ek hoop om julle gou weer te sien. Baie dankie vir die onbaatsugtige diens en sterkte met al optredes!
(Mignon -Jeugland - Social Worker)
Thank you once again for reaching out to Huis Meyerton. Your involvement is much appreciated.
(Brenda- Meyerton - Manager)
Hier is steeds inwoners wat kom dankie sê vir die optrede. Dit het baie vir hulle beteken en hulle het dit baie geniet.
Mag God julle pad net nog meer seën.
(Karin - Ons gryse jeug - Bestuurder)
Baie dankie vir 'n fantastiese optrede. Die Here was werklik teenwoordig en julle musiek het met ons harte gepraat. Mag al julle optredes geseënd wees.
(Inwoner - Heilbron)
Hoe sal ons ooit kan dankie sê dat julle vandag ons oumense kom bederf het met musiek wat ons oë laat traan oor herinneringe uit ons jonger dae. Dit het ons harte en ons siele gevoed. Baie dankie! Ons waardeer julle vrygewigheid teenoor die seniors.
(Inwoner - Drie Riviere)